Blou energie

Blou energie is energie wat uit die verskil in soutgehalte verkry kan word.

Die osmotiese druk en die soutkonsentrasie van soetwater en soutwater is nie dieselfde nie en op plekke waar hulle saamkom soos by die monding van 'n rivier kan uit hierdie verskille energie verkry word. Daar word navorsing gedoen om te bepaal of hierdie blou energie 'n aanvulling van groen energiebronne soos sonenergie of windenergie kan oplewer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search